Boodskap van die Skoolhoof

Laerskool Noord-Eind, wat genestel lê aan die voet van Paarlberg, teenaan pragtige wingerde, laat ‘n mens na jou asem snak. Dit is nie elke dag dat ‘n mens so ‘n pragtige skool en lieflike sportgronde in die middel van ‘n dorp vind nie – om nie eens te noem dat dit ‘n trotse Afrikaanse skool is nie!

As ‘n opvoedingsinstelling is dit ons taak en roeping om ‘n veilige, standvastige en gelukkige vesting te bied. Ons is behoudend, hou vas aan die goeie praktyke van die verlede, ontwikkel nuwe goeie praktyke en bou ‘n standvastige toekoms vir ons kinders, gebaseer op waardes, hoop en liefde.

Ons strewe na ‘n sentrum van uitnemendheid en glo in balans van Akademie, Sport en Kultuur, maar belangriker, dit is die plek waar elke kind gelukkig sal wees en emosioneel, intellektueel, fisies en geestelik sal groei, in ‘n vriendelike, veilige en omgee-omgewing.

Ons gebruik hierdie gebalanseerde kriteria om ons kinders aan te moedig om volgens die beste van elkeen se vermoë en elkeen se unieke talente deel te neem.

André Verhoog, Skoolhoof

Kobus Wiese 2024 Wildeklawer-Toernooispan

Kobus Wiese 2024 Wildeklawer-Toernooispan

Ons is opgewonde om die Kobus Wiese Super Series-span aan te kondig wat vanjaar gaan deelneem aan die Wildeklawer Laerskool-toernooi in Kimberley. Die Kobus Wiese Super Series 2024 het ‘n span van ongelooflike jong seuns uitgesonder wat gereed is om hul vaardighede op die veld te wys en hulle skole trots te maak. Hierdie geleentheid is nie net ‘n kompetisie nie, maar ‘n platform vir leer en groei, waar ons spelers die kans kry om hul passie vir rugby uit te oefen en met ander skole van regoor die land te kompeteer. Ons is dankbaar vir die ondersteuning wat ons van ons gemeenskap en borge ontvang om hierdie droom vir die kinders waar te maak. Ons wens die span die beste toe en glo hulle sal elke oomblik op die veld geniet.

ONS WAARDES

INSKRYWINGSVORM

KWARTAALPROGRAM

KLEREDRAG

Akker Jakkers

Die Akker-Jakkers van Laerskool Noord-Eind ontvang optimale onderrig in ‘n ontspanne omgewing deur goed opgeleide en ervare onderwyseresse. Alle aktiwiteite word informeel aangebied en dit is só beplan dat die kinders op die korrekte manier vir formele onderrig voorberei word. Al die aktiwiteite word op ‘n spelende wyse aangebied en verskaf nie net groot genot nie, maar verseker ontwikkeling in totaliteit.

Onderwysers maak seker dat kinders se kognitiewe, liggaamlike, sosiale, emosionele, morele en estetiese ontwikkeling plaasvind.

Ons is trots om te kan sê dat alle kinders geliefd, veilig en geborge voel, sodat leer en ontwikkeling gebalanseerd kan plaasvind.

By Akker-Jakkers is elke dag opedag!

Noord-Eind Nasorg

Ons Nasorgfasiliteite maak voorsiening vir Pre-Gr. R en R, Gr. 1-3, en Gr.4-7. Ons het ‘n goedtoegeruste nasorg met uitstekende fasiliteite. Daar is verskeie klasse en ‘n eetsaal met ‘n kombuis en ‘n ontspanningslokaal. Die Pre-Gr. R en Gr. R bly by die Voorskoolse Sentrum.

Hierdie fasiliteit is daar vir leerders wie se ouers half-/voldag werk.
Ons missie is om ‘n veilige en kindervriendelike omgewing vir u kind te skep. Hierdie tuiste moet ‘n gelukkige, veilige “speelsentrum” vir u kind wees sodat hy/sy na die harde “arbeid” van die dag op ‘n gesonde en vreugdevolle wyse sy skooldag kan afsluit.

Ons Hoof Borg

Ons Borge

Afriforum Sport
Isipani
Jackson & Black
John Dory’s
Nissan My Ride
Rugga Roots
Alpine scaffolding
Mc Donalds
Albany
Vlok Skop
Wiesenhof
Dogs and all
One 2 One
Rawson